Staatmakers
Incendo Staatmakers het in 2008 by Susan Badenhorst ingeskakel.
'n Staatmakers is na skoolse studente of werkende jeug lede tot en met die ouderdom van 35 jaar oud.
Staatmaker Visie:
Om die jong volwasse Afrikaner toe te rus vir sy roeping teenoor God, land, volk en medemens.
Missie:
Om Staatmakers op te lei tot effektiewe offisiere
Om ‘n ABC omgewing te skep waar binne Staatmakers hulle self kan uit leef
Om Staatmakers te mobiliseer om diens te lewer, binne en buite Die Voortrekkers
Om Staatmakers te ontwikkel tot Afrikaner kultuurleiers.
Staatmaker Belofte:
Ek beloof dat ek sal strewe om te volhard in diens aan die Drie-enige God, my volk, my land en my medemens. Ek vereenselwig my met en onderskryf die grondslag, wese en doelstellings van Die Voortrekkers en onderneem om die doelstellings van Die Voortrekkers te bevorder.
***
Staatmakers word meeste van die tyd gebruik as hulp offisiere in die Kommando waar hulle diens doen en ook in die reël en aanbied van funksies en kentekens.
Die huidige lede van Incedo het elk nie minder as 24jaar diens in Die Voortrekkers nie.
Almal het reeds bestuurs kursus in Die Voortrekkers gedoen en ons het een lid wat ook al Leier seminaar voltooi het.
Daar is verskeie spesialisasies wat die staatmakers nog doen
om hulle verder te kwalifiseer.
Kamp Nakuphi
Hierdie Kamp word jaarliks deur Incendo Staatmakers & Staatmakers van Limpopo aangebied.
Die kamp vind plaas by Tzaneen dam tydens die september skool vakansie.
Besoek gerus die kamp se web blad: http://www.transvaal.voortrekkers.org.za/kampe/nakuphi/
Die Incendo Staatmakers kan gekontak word deur die vorm hieronder te voltooi